"Genl. Smuts en sy aanhangers het sonder enige weifeling al hul veelgeroemde strewe na versoening en die skepping van een volk uit Afrikaans- en Engelssprekendes op die altaar van die Britse Ryk gelê. Helder staan dit uit dat hul strewe nie was om 'n waarlik Suid-Afrikaanse volk te laat ontstaan nie, maar 'n vertakking van die Engelse volk woonagtig in Suid-Afrika. Daarin moes die Afrikanerdom opgelos word. Hierdie oorlogskrisis was nodig om dit vir almal glashelder te stel."
January 1, 1970